
- Average
- R 126.00
- Lowest seen
- R 86.00
- Highest seen
- R 477.00
- Last change
- -R 21.00
- First indexed
- 18 May 2024
- Vendor
- Loot
Terselfdertyd toon die roman die ontreddering van ’n skrywer wat sy moedertaal in sy moeder sien verlore gaan en wat dié verlies probeer besweer met ’n vuurwerk van woorde. Die verlies van taal word herstel met taal. Met heelwat humor neem die skrywer ook afskeid van sy jeug, van sy pa se slaghuis en die sprankelende Vlaamse stadsbuurt waarin hy grootgeword het. Maar bowenal is dit ’n afrekening met sy ma – ’n klein, temperamentele amateuraktrise wat nie die teater en die werklike lewe uit mekaar kon hou nie. Sy vorm die middelpunt van talle tragikomiese familietaferele.
Die vertelling is vol oordaad, uitweidings en doelbewuste vertragings, maar in die hande van Tom Lanoye word dit ’n stilistiese kragtoer. Dit is ’n meesleurende en oorrompelende boek.