
- Average
- R 209.00
- Lowest seen
- R 209.00
- Highest seen
- R 209.00
- Last change
- R 0.00
- First indexed
- 07 Sep 2026
- Vendor
- Loot
Met sy jongste bundel bevestig Johan Myburg hom weer eens as een van die mees gerekende digters in die Afrikaanse letterkunde. Steierwerk bestaan uit 71 sonnette ryk aan 'n uiteenlopende ervaringswêreld.
Benewens reis- en liefdesverse is daar ook die digterlike gesprek met groot geeste soos NP van Wyk Louw, Hennie Aucamp, Wilma Stockenström, William Shakespeare, TS Eliot en John Keats, asook met figure soos Mahler en Bizet, en ekfrastiese verse oor onder meer Goya en Dürer.
Soos die titel suggereer, dien hierdie impulse as stellasies waarmee Myburg sy verse bou. Hierdie meta-poëtiese gedigte ontgin egter ook 'n ander betekenis van die bundeltitel, naamlik dié van wankeling. Steierwerk is 'n aangrypende verkenning van verval: van die eie liggaam, kuns en land.