Tao Van Wakker Word

Tao Van Wakker Word

Tao Van Wakker Word - Spirituele Gids Tot Innerlike Ontwaking (Afrikaans, Paperback)

R 203.00

Loot · checked 3 days ago

View at Loot
Average
R 188.00
Lowest seen
R 172.00
Highest seen
R 203.00
Last change
-R 31.00
First indexed
03 Apr 2022
Retailer
Loot

Description

Jare se gewoontes, die verlede se stories en herhalende emosionele patrone bring mee dat die meeste van ons vasgevang sit binne ons eie droomwêreld. Hier beleef en herleef ons dieselfde storie oor en oor, alhoewel die karakters en dekor soms verander.

Binne hierdie droomstorie, of sekerlik eerder nagmerrie, is ons vasgevang. Dit is lyding, dit is hel. Daar is gelukkig ‘n weg (Tao) uit die doolhof van hierdie skynlewe, en dit is: word wakker. Dan hoef jy nie eens te wonder hoe om die droomstorie te probeer oplos of hoe om die karakters te benader nie; nee, jy word eenvoudig wakker en jou hele droomwêreld tuimel ineen.

Presies wat Abel Pienaar in hierdie boek met jou wil deel. ‘n Gids na wakker word, innerlike vryheid en lewensgeluk.