Tippie se eerste boek-reeks (bokspak)
José Palmer, Reinette Lombard en Nandi Lessing-Venter
Takealot · checked 10 days ago
- Average
- R 379.00
- Lowest seen
- R 379.00
- Highest seen
- R 379.00
- Last change
- R 0.00
- First indexed
- 20 Sep 2026
- Retailer
- Takealot
Description
Tippie is nou beskikbaar in boeke vir babas en kleuters!
Hierdie reeks is vol kleurryke illustrasies, snaakse karakters en verspotte
stories wat beide kleuters en ouers sal laat giggel van plesier.
In "Tippie se eerste boek oor troeteldiere" is Tippie op soek na die perfekte troeteldier. Tippie kan kies uit ? paar vreemde diere - van ovaalponie wat lief is vir macaroni tot ? marmot met ? pruik! Tippie en hierdie snaakse diere sal jou kleinding laat skaterlag terwyl hulle leer oor verskillende tipes troetel-diere.
"Tippie se eerste boek oor kleure" is ? reënboogontploffing van emosies! Elke bladsy is vol helder kleure en basiese emosies, bekend aan kleuters. Jou kleuter sal leer om kleure soos rooi, groen, geel, blou en meer, en sal ook
emosisies beter kan verstaan en identifiseer.
Maak gereed vir ? paar teenoorgestelde-dag kaskenades in "Tippie se eerste boek oor teenoorgesteldes"! Tippie en Robin is vol grappies en doen presies die teenoorgestelde van wat hulle veronderstel is om te doen. Stel jou kleuter bekend aan die basiese konsep van teenoorgesteldes terwyl hulle vermaak word deur Tippie en Robin se pret en plesier.
"Tippie se eerste boek oor syfers" is vol rumoerige pret wanneer Tippie en vier van sy maats hou ? pajama-partytjie. Laat jou kleinding lag en leer terwyl hulle die wêreld van die syfers 1-5 verken.
What's in the box
1 x Tippie se eerste boek-reeks (bokspak)