- Average
- R 380.00
- Lowest seen
- R 380.00
- Highest seen
- R 380.00
- Last change
- R 0.00
- First indexed
- 21 Sep 2026
- Retailer
- Takealot
Description
Uitsigte op die Nuwe Wêreld in die Bybel bevat 56 preke. Die preke is ingedeel volgens die kerkjaar, naamlik Advent, Epifanietyd, Lydenstyd, Paastyd en Koninkrykstyd. Naas die 52 Sondae van die kerkjaar, sluit dit ook preke vir die feesdae, naamlik Kersfees, Nuwejaar, Goeie Vrydag en Hemelvaart in. Soos die titel aandui, is die Bybel 'n boek wat ons in 'n nuwe wêreld, die koninkryk van God, wil inlei. Dit wil ons verbeelding aangryp en stimuleer. Die Bybel wil ons daarvan bevry dat die bestaande werklikheid aan ons voorskryf hoe dinge behoort te wees. Dit wil ons oë oopmaak vir 'n alternatiewe werklikheid. 'n Arm, swanger, ongetroude jong meisie het in ons werklikheid 'n donker toekoms. In die Bybelse werklikheid gee sy geboorte aan die Seun van God. In ons werklikheid moet die minderbevoorregtes met die oorskiet tevrede wees. Dit is hoe sake staan, en ons reken dit sal so bly. In die Bybelse werklikheid word die armes die nuwe koninklikes, die nuwe royalty. In ons werklikheid geniet die rykes en magtiges aansien en is hulle in beheer. In die Bybelse werklikheid tel hulle nie en is God in beheer. In ons werklikheid word Kersmusiek oor die radio gespeel. In die Bybelse werklikheid sing engele in die velde van Betlehem. Die bundel bied uitsigte op hierdie vreemde, nuwe wêreld wat die Drie-enige God besig is om tot stand te bring.
What's in the box
1 x Book