
Vleis
Vleis - Die Omvattende Gids (Afrikaans, Paperback)
Loot · checked 20 days ago
- Average
- R 394.05
- Lowest seen
- R 269.00
- Highest seen
- R 657.00
- Last change
- R 105.00
- First indexed
- 12 May 2021
- Retailer
- Loot
Description
Vleis: Die Omvattende Gids is ’n moderne ensiklopedie wat ’n ereplek verdien in die kombuis van almal wat graag vleis eet en gaarmaak. Afgesien van resepte vir smullekker vleisgeregte vir elke okkasie bevat dit hope inligting oor die beste manier om die verskillende snitte en soorte vleis te berei, hoe om vleis te vries of tot perfeksie te verouder, tesame met ’n hordes wenke om geur en sappigheid te verseker – alles sonder preserveer- en ander kunsmatige bymiddels. Die voedselwetenskaplike en gewilde kosskrywer Annelien Pienaar se passie vir goeie, volhoubare vleis word weerspieël op elke bladsy van hierdie boek.
Vleis: Die Omvattende Gids is die enigste vleisboek wat jy ooit weer sal nodig kry. Dit bevat:
- Meer as 100 resepte wat die toets van die tyd deurstaan het – daar is beesvleis, lam en skaap, vark, pluimvee, afval en wildsvleis, en enigiets van maklike gesinsetes, tradisionele treffers en spoggerige onthaalkos tot kitsplanne met die oorskiet
- Beskrywings van al die verskillende vleissnitte, hul gebruike en die beste metodes om dit gaar te maak
- Nuttige inligting oor die voedingswaarde en veroudering van vleis, vleisterme en omskakelingstabelle
- Ekstra resepte vir marinades, souse, soutmengsels, aftreksels en deeg wat vleis komplementeer