
Voor ek my kom kry
Voor ek my kom kry (Afrikaans, Paperback)
R 102.00
Loot · checked Today
- Average
- R 102.00
- Lowest seen
- R 65.00
- Highest seen
- R 120.00
- Last change
- -R 18.00
- First indexed
- 17 May 2024
- Vendor
- Loot
Die omslag van die bundel met sy abstrakte figure suggereer die gesprek wat in hierdie bundel gevoer word met die self, die geliefde, die lewe en die dood. Die digter ondersoek erskillende fasette van n lang en kreatiewe lewe. In die eerste afdeling kom die verhouding met die aarde ter sprake; in die tweede afdeling die ambivalente verhouding met die land waarin hy gekies het om te bly woon, ten spyte van die ongenaakbaarheid van klimaat, plae en sosio-politieke kwessies. In die volgende afdelings kyk die digter op ironiese wyse na die dreigende dood wat hom in verskille gedaantes voordoen. Dan volg gedigte oor die liefde: vir die taal, die woord en vir die geliefde vrou. Die fyn humor waarmee die digter na die ouderdom kyk, sorg dat die laaste gedigte nie neerdrukkend is nie, maar die lewe bly omhels, soos in Hansie Slim herbesin, waarin gespot word met die mediese kernplan waarmee voorsorg vir siekte en ouderdom getref word. En tog, die hele infrastruktuur ten spyt verlaat Hans sy huis, begeef hy hom op n lukraak ryloopreis die wyer wereld in. Daarom kan die digter in die slotgedig terugkyk op die verrassing van n lewe wat sonder beplanning of padkaart, sy eie verloop geneem het.