
Waar Die Oog Van Stil Word
Waar Die Oog Van Stil Word (Afrikaans, Paperback)
R 94.00
Loot · checked 2 days ago
- Average
- R 58.00
- Lowest seen
- R 58.00
- Highest seen
- R 94.00
- Last change
- R 36.00
- First indexed
- 16 Apr 2023
- Retailer
- Loot
Each price is from PriceFind's last check of that retailer. Follow the link for the live price.
Description
Waar die oog van stil word is Ilse van Staden se derde digbundel en is net so keurig afgerond soos haar vorige bundels. Die eerste groep gedigte handel oor die verwerking van verlies en afskeid van die bekende. Dan betree die digter die onbekende wereld, waar sy haar vereenselwig met klein lewende wesens soos slakke en torre wat dit ook moet waag in die groot buitewereld in. Die digter het net n veerpen oor om mee te skryf en om n skip met woorde en drome te bou waarmee sy in die verbeelding kan reis. Daar is n sterk bewustheid van die vervlietendheid van alles: Al probeer die oog ook onthou, maar dit kan slegs weerkaatsings boekstaaf vir die brein se verbeeldingskrag en kan die digter dit met woorde probeer vasvang. Deurgaans is die digter daarvan bewys dat dinge nie bewaar kan word nie, soos die lig wat in donker oorgaan, die wind wat vlugtig aan skouers raak, die geluide van voels teen skemer, n brander wat oor die strand spoel en onmiddellik verdwyn. Ten slotte is die digter ook bewus van die paradoks van die digkuns: Dit is onmoontlik om die stilte van die see in woorde vas te vang, want daars geen woorde in die see nie/en geen stilte in n vers!