
2 offers · 2 retailers
Best price PriceFind tracks
No other tracked retailer beats this price. Compare every offer
- Average
- R 139.00
- Lowest seen
- R 139.00
- Highest seen
- R 139.00
- Last change
- R 0.00
- First indexed
- 24 Sep 2026
- Retailer
- Takealot
Each price is from PriceFind's last check of that retailer. Follow the link for the live price.
Description
Johann de Lange, wat in 2011 die Hertzogprys vir poesie ontvang het vir sy bundel Die algebra van nood (2009), bevestig met hierdie bundel kwatryne sy meesterskap. Die bundel bestaan uit 100 kwatryne wat in ses afdelings verdeel is.
Johann de Lange, wat in 2011 die Hertzogprys vir poesie ontvang het vir sy bundel Die algebra van nood (2009), bevestig met hierdie bundel kwatryne sy meesterskap. Die bundel bestaan uit 100 kwatryne wat in ses afdelings verdeel is. Binne die klein bestek van vier reels kry De Lange dit telkens reg om kort flitse - byna soos weerlig - van betekenis aan die leser oor te dra. Dit is haas onmoontlik om die groot verskeidenheid temas wat in hierdie gedigte aangeraak word, saam te vat. Daar is liefdesverse, verse oor voels, plante, verwysings na ander skrywers wat wissel van die ou Grieke Theognis en Anakreon tot by Afrikaanse digters soos Joan Hambidge en Sheila Cussons, daar is kort besinnings oor verganklikheid en die tydloosheid van 'n by wat in amber gevang is, verlies en die dood. Bowenal demonstreer die digter hier op verbluffende wyse wat met die digtheid van digterlike taal vermag kan word.