
Word 'n Volgeling van Jesus
Word 'n Volgeling van Jesus (Paperback)
Loot · checked Today
- Average
- R 18.25
- Lowest seen
- R 17.00
- Highest seen
- R 19.00
- Last change
- -R 1.00
- First indexed
- 10 Feb 2024
- Vendor
- Loot
Dit is belangrik dat kinders al van ’n jong ouderdom af verstaan wat dit beteken om gered te word. Word ’n volgeling van Jesus is ’n evangelisasie-boekie wat hulle juis hiermee sal help.
In hierdie boekie leer topverkoper-outeur Dave Strehler kinders alles wat hulle moet weet oor die Skepper, sy liefde vir ons en hoe Jesus ons kom red het. Die eenvoudige teks met prettige illustrasies en Skrifverwysings sal kinders help ontdek hoe hulle ook kinders van God kan word, hoe hulle lewens sal verander nadat hulle gered is, hoe hulle in hul geloof kan groei, hoe om die Bybel te lees, te bid en vele meer.
Ander unieke kenmerke sluit in:
· Plek waar hulle kan aanteken wanneer hulle hul lewe vir Jesus gegee het
· Drie lyste wat hulle help om Bybelverse te vind oor spesifieke onderwerpe soos geloof, kern-Bybelverhale en verse vir wanneer hulle hartseer, bang of eensaam voel
· Aanwysings hoe om hulle eie verlossingsarmband te maak
Ook beskikbaar in Engels, Zulu, Xhosa en Sesotho.