
Zephany
Twee Ma's. Een Dogter. 'n Ongelooflike Ware Verhaal
rated at Takealot · checked 7 days ago
- Average
- R 245.00
- Lowest seen
- R 175.00
- Highest seen
- R 325.00
- Last change
- R 80.00
- First indexed
- 27 Feb 2024
- Retailer
- Takealot
Description
Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met 'n hoodie aan en 'n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek ... Dit het my gebreek.
Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met 'n hoodie aan en 'n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek ... Dit het my gebreek. Dit is die vrou wat elke dag daar was vir my, wat middagete vir my en my vriende gemaak het as ons van die skool af kom, en hier is sy nou op televisie en word 'n misdadiger genoem.
Die ontvoering van baba Zephany Nurse uit die kot langs haar ma se hospitaalbed het die hele Suid-Afrika aangegryp. Haar desperate ouers het herhaaldelik gepleit dat sy veilig terugbesorg word, maar daar was geen teken van die baba nie. Vir 17 jaar lank, op haar verjaarsdag, het die Nurse-gesin kerse aangesteek en gehoop en gebid.
'n Klipgooi van die Nurse-gesin af het die 17-jarige Miche Solomon pas met matriek begin. Sy het 'n kerel gehad en toegewyde ouers. Sy het gedroom oor die matriekafskeid en die rok wat haar ma vir haar sou maak. Sy het nie die vaagste benul gehad dat 'n nuwe meisie in die skool, wat ongelooflik baie soos sy lyk, en 'n DNS-toets haar wereld tot in sy fondamente sou skud nie.
Miche is nou 22. Met verbysterende volwassenheid, eerlikheid en deernis vertel sy hier vir die eerste keer haar storie, in haar eie woorde, oor wat dit beteken om lief te he en geliefd te wees, en om jou eie identiteit op te eis.
What's in the box
1 x Book
