
Afrikaners In Angola: 1928–1975
Afrikaners In Angola: 1928–1975 (Afrikaans, Hardcover)
Loot · checked Yesterday
- Average
- R 451.00
- Lowest seen
- R 451.00
- Highest seen
- R 451.00
- Last change
- R 0.00
- First indexed
- 25 Sep 2026
- Retailer
- Loot
Description
In 1928 is ongeveer 2000 Angola-Boere na Suidwes-Afrika gerepatrieer. Die gemeenskap van 386–471 Afrikaners wat ná 1928 in Angola agtergebly het, is aan die vergetelheid en verwaarlosing oorgelaat en is later as ’n “lewende fossiel” en slagoffers van hulle eie behoudendheid bestempel. Sommige het wel nog ’n lewe uit gemengde boerdery, transportry en jag probeer maak, dekades nadat hierdie lewenswyse elders uitgesterf het. Vanaf 1958 tot 1963 is die meerderheid van die ongeveer 600 Afrikaners in Angola na Suidwes-Afrika en Suid-Afrika gerepatrieer, terwyl slegs enkeles in Angola agtergebly het. Hierdie groepie Afrikaners het hul Afrikanerskap daar onder moeilike omstandighede gehandhaaf.
Met die uitbreek van die burgeroorlog in 1975 in Angola het die laaste Afrikaners uit Angola gevlug en het die verbintenis van die Angola-Boere met Angola ná byna ’n eeu tot ’n einde gekom. Hulle interessante en kleurryke lewe word beskryf en die sogenaamde “trekgees” as ’n moontlike rede vir hulle swerftogte word onder die loep geneem.
