'n Ierse Knoop

'n Ierse Knoop

'n Ierse Knoop (Afrikaans, Paperback)

R 225.00

Loot · checked 3 days ago

View at Loot

2 offers · 2 retailers

Best price PriceFind tracks

No other tracked retailer beats this price. Compare every offer

Average
R 225.00
Lowest seen
R 225.00
Highest seen
R 225.00
Last change
R 0.00
First indexed
20 Oct 2026
Retailer
Loot
  • Loot Cheapest

    'n Ierse Knoop

    Checked 3 days ago

    R 225.00

    View
  • Takealot

    'n Ierse knoop

    5.0(1) Checked 2 days ago

    R 265.00

    +R 40.00

    View

Each price is from PriceFind's last check of that retailer. Follow the link for the live price.

Description

Toe die vier Ierse O’Connor-broers, Sullivan, Declan, Liam en Rooney, besluit om ’n volhoubare ontwikkeling op Fynbosbaai te bou, loop hulle hulle vas in Anke Joubert en haar vriendinne, kampvegters vir die omgewing.

Anke, ’n akademikus, skryf oor die perlemoenstropers in hul area. Miné du Toit, sosialemedia-beïnvloeder, maak geraas oor bedreigde spesies op sosiale media. Eden Fourie probeer deur haar kuns bewustheid skep oor die broosheid van die Kogelberg-biosfeer. En Lika Bester, ’n skrywer en boekwinkeleienaar, ondersoek die verdwyning van ’n skooldogter ’n jaar tevore. Hou dit met die stropery verband? Hoe meer vrae die vriendinne vra, hoe meer dreigemente ontvang hulle.

Met die eerste opgrawings van die O’Connor-broers se ontwikkeling, kom hulle op menslike oorblyfsels af. Is dit die vermiste skoolmeisie, of ’n ander slagoffer van vuilspel?