
Nuwe AllesInEen: Pret met Spel Graad 2
Nuwe AllesInEen: Pret met Spel Graad 2 (Afrikaans, Paperback)
R 156.00
Loot · checked Yesterday
- Average
- R 122.00
- Lowest seen
- R 99.00
- Highest seen
- R 156.00
- Last change
- R 34.00
- First indexed
- 01 Aug 2022
- Retailer
- Loot
Description
Die Nuwe Alles-In-Een se Pret met spel-werkboek vir Graad 2 Huistaal sal kinders opgewonde maak oor spelling en klanke! Hierdie boek bevat 40 kaart-, bord- en bewegingspeletjies wat die voorgeskrewe klanke en die sig- en spelwoorde vir Graad 2 op ’n prettige wyse inoefen. Die speletjies gaan gepaard met werkvelle ter inskerping. Die speletjies bevat stap vir stap voorafinligting met riglyne vir die onderwyser of ouer.
Wanneer spelling met innoverende speletjies vol beweging en aksie – wat ook groot motoriese vaardighede ontwikkel – onderrig word, sal die kind in Graad 2 die werk met vreugde en opwinding aanpak en nie verveeld raak nie. Die onderrig van spelling met die een prettige speletjie ná die ander maak kinders én ouers en onderwysers lus om te leer spel.
Dié werkboek vir Graad 2 hersien eers die klanke van Graad 1 met ’n aantal speletjies, en dan word die klanke vir Graad 2 speel-speel ontdek. Die kind leer ook die eerste 250 hoëfrekwensie-sigwoorde en maklike spelreëls aan.
