Onthou Is Die Dag Wat Breek

Onthou Is Die Dag Wat Breek

Onthou Is Die Dag Wat Breek - 'n Digterlike Huldigingsbundel Ter Ere Van Linda Spies (Afrikaans, Paperback)

R 245.00

Loot · checked 3 days ago

View at Loot
Average
R 245.00
Lowest seen
R 245.00
Highest seen
R 245.00
Last change
R 0.00
First indexed
16 Sep 2026
Retailer
Loot

Description

Lina Spies is een van die bekendste en mees geliefde Afrikaanse digters met ’n goue oes van ikoniese gedigte soos “Op die dood van Riëtte”, “’n Paternoster vir Suid-Afrika”, “Lied van die kinders” en “Rembrandt”.

Ons is oortuig dat die eerbaarste eerbetoning betuig word deur die poësie van mededigters.

Die bundeltitel is ontleen aan ’n versreël uit een van Spies se verse, naamlik “Kringloop” (opgeneem in Sulamiet, 2016) en dui op die samevoeging tussen herinnering en voortsetting. In elkeen van die vier en vyftig opgenome gedigte is sprake van aanknopingspunte.

Sommige verse tree op ’n duidelik aantoonbare wyse in gesprek met spesifieke gedigte van Spies. Benewens direkte ruggespraak sluit sommige verse ook op ’n subtieler en wyer omskrewe wyse aan by tematiese kodes in Spies se repertoire soos kinders, katte, kunstenaars en die dood.

Ons hoop dat hierdie huldigingsbundel poësielesers sal aanmoedig om met hernude belangstelling die digkuns van Lina Spies te verken en haar blywende impak op die Afrikaanse digkuns in oënskou te neem.

Similar products