Stel van 3 Afrikaanse Lekker Saamlees, Rympies en Liedjies Boeke
Stel van 3 Afrikaanse Lekker Saamlees, Rympies en Liedjies Boeke vir ouderdom 3 - 6 jaar
Takealot · checked 11 days ago
- Average
- R 489.00
- Lowest seen
- R 489.00
- Highest seen
- R 489.00
- Last change
- R 0.00
- First indexed
- 25 Sep 2026
- Retailer
- Takealot
Description
Stel van 3 Afrikaanse Lekker Saamlees, Rympies en Liedjies Boeke
- Hierdie reeks boeke bestaan uit gewilde rympies uit toeka se dae met gebare en bewegings wat dit prettig maak om dit op te se en selfs saam te sing. Die vrolike liedjies is ideaal om op die lang pad, om die kampvuur of net vir die genot daarvan te sing!
- Die liedjies en bybelstories versterk die boodskap uit die Bybel dat God, ons en ons wereld baie lief het. Die boekies is propvol opwinding en lewensdrama, wat kleuters baie dekades al vermaak en leer. Hierdie boekies verskaf pret aan kleuters en hulle ouers om kosbare oomblike saam te spandeer.
LEKKER SAAMLEES SPROKIES EN SPELETJIES
- 'N klein versameling tradisionele sprokies, propvol opwinding en lewensdrama, wat kleuters baie dekades al vermaak en leer. Die illustrasies bied 'n opwindende visuele weergawe van die stories. 'n Groot deel van die lekker saamlees is prentjies-kyk en om dinge en kleure te benoem. Ou bekendes maak weer hul verskyning. Daar is Rooikappie, Die Drie Varkies en natuurlik ook die Lelike Eendjie. Die boekie sluit ook tradisionele speletjies in. Met 'n paar klippies of 'n sokkie of twee is die spelers volledig toegerus! Trek 'n paar sirkels en blokke op die grond en begin speel. Lekker saamlees Sprokies en Speletjies is net reg vir kosbare, prettige oomblikke saam met jou kleuter.
VROLIKE LIEDJIES
- Vrolike liedjies is 'n bloemryke versameling uit die skatkis van ons Afrikaanse Volksmusiek. Die genot wat hierdie tradisionele liedjies soos Suikerbossie en Dis Heerlike Lente gee, is nie beperk tot 'n spesiale geleentheid nie. Sing hulle by die huis, op pad erens heen, by 'n piekniek, om die kampvuur of op die verhoog. Hulle skep spangees en bind jonk en oud bymekaar op 'n baie plesierige noot. Die uitbundige volkleur illustrasies gee lewe aan elke liedjie. Daarom is hierdie bundel tradisionele volksmusiek perfek om die kleinspan 'n kykie in die verlede te gee. Volg saam met jou kind die woorde en prentjies terwyl julle saam sing en geniet hierdie trotse voortsetting van 'n vrolike musiektradisie.
LEKKER SAAMLEES SPROKIES EN SPELETJIES
- 'N klein versameling tradisionele sprokies, propvol opwinding en lewensdrama, wat kleuters baie dekades al vermaak en leer. Die illustrasies bied 'n opwindende visuele weergawe van die stories. 'n Groot deel van die lekker saamlees is prentjies-kyk en om dinge en kleure te benoem. Ou bekendes maak weer hul verskyning. Daar is Rooikappie, Die Drie Varkies en natuurlik ook die Lelike Eendjie. Die boekie sluit ook tradisionele speletjies in. Met 'n paar klippies of 'n sokkie of twee is die spelers volledig toegerus! Trek 'n paar sirkels en blokke op die grond en begin speel. Lekker saamlees Sprokies en Speletjies is net reg vir kosbare, prettige oomblikke saam met jou kleuter.
What's in the box
1 x Vrolike Liedjies Boek
1 x Lekker saamlees Sprokies en Speletjies Boek
1 x Prettige Rympies Boek