
Waar Die Wêreld Wyd Is
Waar Die Wêreld Wyd Is (Afrikaans, Paperback)
R 102.00
Loot · checked Today
- Average
- R 102.00
- Lowest seen
- R 65.00
- Highest seen
- R 120.00
- Last change
- -R 18.00
- First indexed
- 31 Jul 2024
- Vendor
- Loot
Anderkant die Gariep, in die harde, wye wêreld van die Noord-Kaap, het sedert die vroeë 1900’s pioniersmense gewoon wat deur g’n stof of droogte, g’n lamsiekte of beespes ondergekry kon word nie.
Dit was ’n tyd voor selfone en kitsoplossings, toe ’n man se woord nog sy woord was, en ’n afspraak ’n afspraak; ’n tyd toe jagtogte, Boeredanse en familietroues mense saamgesnoer het en swaarkry en verlies bloot ’n deel van die natuurwette was.
In hierdie wêreld word drie geslagte Bredenkamps groot – en maak die leser kennis met mense wat in die wêreldgeskiedenis maar klein sandkorreltjies is, maar wie se vreugdes en plesier; sweet en trane die fondament gelê het vir ’n koersvaste, trotse nageslag.
