Zeus van Wyngaardt en die Godin van Deemoed
Zeus van Wyngaardt Boek 04
Takealot · checked 9 days ago
- Average
- R 305.00
- Lowest seen
- R 305.00
- Highest seen
- R 305.00
- Last change
- R 0.00
- First indexed
- 20 Sep 2026
- Retailer
- Takealot
Description
Dit is die einde van 2020. Hierdie keer word privaat speurder Zeus van Wyngaardt
gekonfronteer met 'n misdaadtoneel wat die moord op sy bure John en Stephen
vroeër die jaar na 'n Sondagskoolpiekniek laat lyk. Tumi ly steeds aand geheueverlies
en is steeds stom ná haar traumatiese ervaring met Dali (sien Zeus van Wyngaardt en
die skrikgodin), maar hulle kom reg met handgeskrewe briefies; dit is totdat Kabelo
haar te hulp kom met 'n tablet: "Nie die mediese soort nie. 'n Rekenaar-ding wat die
heer Moloto vir haar leen. Jappie-stront." Tussendeur 'n versekeringsbedrogsaak en 'n
soektog na die tweeling Armando Beetge en Ilona Durant se biologiese ma, gebeur
daar steeds vreemde dinge in Springs: sakkies wat vermoedelik muti bevat by die
kantoor en by Zeus se huis, gevolg deur skokkende gebeure.
Sal Tumi ooit onthou wat tydens haar ontvoering in September gebeur het (en daaroor
kan praat)? En is dit die noodlot of net ongelooflike toeval wat Zeus weer na Limpopo
lei, waar hy onverwagte nuus ontvang?
What's in the box
1 X Book


