
God In ’n Kantelende Wêreld
God In ’n Kantelende Wêreld (Afrikaans, Paperback)
Loot · checked Yesterday
- Average
- R 131.00
- Lowest seen
- R 91.00
- Highest seen
- R 155.00
- Last change
- -R 24.00
- First indexed
- 05 Nov 2024
- Vendor
- Loot
Die fokus is op die verantwoordelikheid van die kerk teenoor armes, die aard en wese van die kerk, die Christelik Godsbegrip en die wyse waarop oor God in die prediking gedink en gepraat word. Van die boeiende bydraes is ’n vergelyking tussen armoede in Suid-Afrika en Nederland, verhale oor die wyse waarop regstellende aksie en werkloosheid Suid-Afrikaners se geloofsbelewenis raak en besinning oor die proses van kerkvereniging in die NG Kerk-familie.
Daar is ook hoofstukke oor prediking en liturgie as uitdrukking van nadenke oor God en maniere waarop tot God gepraat word. Die wye verskeidenheid invalshoeke en onderwerpe maak van hierdie boek ’n interessante leeservaring vir sowel gewone lidmate as predikante en akademici.