Kies Jou Eie Avontuur - Doolhof in Die Dieretuin

Kies Jou Eie Avontuur - Doolhof in Die Dieretuin

Corlie Putter

R 175.00

Takealot ยท checked 20 days ago

View at Takealot
Average
R 175.00
Lowest seen
R 175.00
Highest seen
R 175.00
Last change
R 0.00
First indexed
22 Sep 2026
Retailer
Takealot

Description

In DOOLHOF IN DIE DIERETUIN is jy 'n besoeker aan die Nasionale Dieretuin. Tydens jou uitstappie gewaar jy 'n klein wit wollerige hondjie wat sonder sy eienaar rond hardloop. Jy probeer keer want die arme verlore dier is reguit oppad na die kampe waar al die wilde diere aangehou word! Net voor jy die hondjie kan vang, maak 'n meisiekind haar verskyning. Sy fluister iets en beduie dat jy haar moet volg. Jy loer vinnig op jou horlosie. Dit is kort voor toemaak-tyd en jy sal moet wikkel as jy die hondjie wil red n uitvind wat die meisiekind jou so dringend wil wys. Die vraag is net... Wat moet jy doen? Die sekuriteitswag wink na jou. Hy is haastig om die hekke te sluit. En, om een of ander rede stel hy nie belang toe jy hom van die meisiekind en die hondjie vertel nie? Dalk is dit maar beter om net van alles te vergeet en huis toe te gaan. Dit is nie asof jy die soektog alleen in die aand in die dieretuin wil aanpak nie, of hoe? Maar dan onthou jy weer die fluister-woorde van die meisiekind. Wat jou besluit ook al is... Jy moet ten alle tye AAN DIE LEWE probeer bly. Wees gewaarsku, liewe leser... Die avontuur is gevaarlik! Kies versigtig...

What's in the box
1 x Book

Similar products