KIES JOU EIE AVONTUUR - Raaisels in die museum

KIES JOU EIE AVONTUUR - Raaisels in die museum

deur Corlie Putter

R 175.00

Takealot · checked 19 days ago

View at Takealot
Average
R 175.00
Lowest seen
R 175.00
Highest seen
R 175.00
Last change
R 0.00
First indexed
22 Sep 2026
Retailer
Takealot

Description

Hierdie boek is nie soos ander boeke nie. Jy kan dit nie van begin tot einde deurlees nie! Aan die einde van elke bladsy is daar verskillende keuses. Jy, die leser bepaal dus wat volgende gaan gebeur... In RAAISELS IN DIE MUSEUM... Dit is jou eerste dag as polisie-speurder. Jy moet die verdwyning van die museum se eienaar, 'n ou tannie, ondersoek. Ongelukkig is daar nie baie leidrade nie. Om dinge te vererger, het die polisie hoof jou laatweet, dat daar om middernag 'n waardevolle item in die museum tentoongestel gaan word. Belangrike gaste kom van ooraloor om diè bekendstelling by te woon en die ou tannie is die enigste een wat die sleutel het om die vertrek waar die waardevolle item gehou word, oop te sluit! Jy ontdek geheime tonnels wat na verskillende vertrekke in die musuem lei. Maar sal diè ontdekking jou ondersoek help? Jy loer na jou horlosie, dit is op die kop 9 uur in die aand. Jy moet die eienaar en die sleutel voor middernag vind. Die vraag is net... Sal jy dit binne drie ure kan doen? Die museum is oud en stowwerig en jy hoor allerhande vreemde geluide terwyl jy die lang donker gange alleen aandurf. Is die geluide die eienaar wat om hulp roep, of is dit iemand wat jou om ander redes op 'n dwaalspoor probeer lei? Jy moet ten alle tye AAN DIE LEWE probeer bly. Wees gewaarsku, liewe leser... Die avontuur is gevaarlik! Kies versigtig...

What's in the box
1 x Book

Similar products