Piekfyn Afrikaans: Gr 4: Onderwysersgids

Piekfyn Afrikaans: Gr 4: Onderwysersgids

Piekfyn Afrikaans: Gr 4: Onderwysersgids - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)

R 359.00

Loot · checked 2 days ago

View at Loot
Average
R 305.00
Lowest seen
R 262.00
Highest seen
R 359.00
Last change
R 54.00
First indexed
25 Dec 2023
Retailer
Loot

Description

Piekfyn Afrikaans se leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring vir Graad 4 Eerste Addisionele Taal. Hierdie onderwysersgids ondersteun die onderwyser se onderrigtaak deur: te fokus op kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas wat verband hou met die doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring, en integrering oor die kurrikulum heen spontaan te bewerkstellig; ’n bruikbare onderrig-, leer- en assesseringsplan vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; ’n omvattende formele assesseringsprogram vir die graad, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering te voorsien; beplanning en verslaghouding te vergemaklik deur die taalvaardighede en prosesse by elke aktiwiteit aan te toon; 'n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite; ’n CD waarop aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take, asook A2-grootte volkleur plakkate en idiome gratis beskikbaar te stel. Ons weet die Piekfyn Afrikaans-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om skool te hou! Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV).

Similar products