
Die Antwoord-Reeks Graad 11 wiskunde 3 in 1 KABV studiegids
Die Antwoord-Reeks Graad 11 wiskunde 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
R 303.00
Loot · checked Today
- Average
- R 303.00
- Lowest seen
- R 107.00
- Highest seen
- R 303.00
- Last change
- R 129.00
- First indexed
- 11 Apr 2022
- Vendor
- Loot
Hierdie 3 in 1 publikasie ondersoek die dieper vlakke van al die noodsaaklike komponente van die KABV-kurrikulum. Leerders wat hierdie indiepte studiegids aanpak, sal toekenning verdien soos hulle stap-vir-stap vorige onsekerhede te bowe kom en n suksesvolle pad vorentoe verseker. Dit bied: Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde per onderwerp. Oefeninge wat gegradeer is om die logika en tegnieke wat vereis word, te bevorder. Gedetailleerde Oplossings vir alle oefeninge, plus n omvattende eksamen (vraestel 1 & vraestel 2) met volledige verduidelikings vir deeglike vaslegging en finale eksamenvoorbereiding. Hierdie effektiewe studiegids hersien al die noodsaaklike beginsels wat in vorige grade gedek is. Die leerder se begrip word deur stap-vir-stap notas uitgebrei en uitgewerkte voorbeelde word gebruik om nuwe werk bekend te stel. Die opsommings en handige wenke dra daartoe by dat die leerders die studiemateriaal as geheel verstaan en sodoende word selfvertroue en vaardigheid by die Graad 11-leerder bevorder. Hierdie boek waarborg die ontwikkeling van n stewige grondslag vir elke leerder wat vir die Graad 11 en 12 Wiskunde-eksamens voorberei en wat vasbeslote is dat hulle wil uitblink, n besliste weg na oop deure vir hul toekoms!


